Pentagon waarsku teen Sjinese in Arktiese gebied

Toenemende inmenging van die Sjinese in die Arktiese streek met die voorkoms van hulle duikboot, word in ’n ernstige lig beskou en die Amerikaanse Pentagon het waarskuwings uitgestuur dat die toestand nie kan voortduur nie.

’n Woordvoerder van die Pentagon sê die nuwe verwikkeling kan die weg baan vir versterking van die Sjinese se militêre teenwoordigheid wat die moontlikheid van ’n gevaarlike kernaanval insluit.

Die Sjinese kan daardeur ook oorlogskepe ontplooi wat ’n bedreiging vir wêreldvrede inhou.

Sedert die middel van Maart is die Sjinese kernaangedrewe duikboot in die Arktiese gebied opgemerk, en het aan ’n see-oefening deelgeneem onder die vaandel dat dit gedoen is ter herdenking van die 70 ste bestaansjaar van die Sjinese Volksvryheid Weermag en Vloot.