Peiling toon werklike wantroue


Die kiesers van Suid-Afrika wantrou die politici en met stemdag wat aangebreek het, lyk dit maar beroerd as die vooruitsigte getoets word.

In die jongste opname kom die werklikheid van kiesers se siening na vore, en dui op die algehele wantroue wat hulle het vir veral die drie mees prominente politieke partye.

Die peiling toon dat sowat 60% van die deelnemers meen die Malema-groep is hopeloos te radikaal, en behoort nie gesteun te word nie.

Net meer as 55% van die deelnemers sê die DA praat net en doen niks wat beter is as die ANC nie, wat ’n ernstige aanklag is en die DA gaan kelder in vandag se stemmery.

Slegs 49% van kiesers glo die ANC sal doen wat hulle belowe.

Met die opname, sê politieke ontleders, is die skrif aan die muur, en gaan Suid-Afrika weer ’n termyn van 5 jaar in waar die beloftes in die niet verdwyn en die chaotiese toestand maar sal voortduur soos in die afgelope 25 jaar ondervind is.