Panama vra meer VSA betrokkenheid

Die Amerikaanse regering moet meer betrokke raak by Panama as hy wil voorkom dat Sjina die gebied begin beheer.

Dit is die boodskap wat die nuutverkose president van Panama SA stuur nada hy ’n naelbyt oorwinning behaal het.

Laurentino Cortizo is die afgelope naweek verkies tot Panama se nuwe president, en het deurgaans getoon dat hy pro-VSA is met oproepe dat beter verhoudings met Amerika nodig is..

Cortizo, leier van die Demokratiese Revolusionêre Party, wat deur die VSA se spot opvoedings agentskap opgelei is, het ook sy bekommernis uitgespreek oor Sjinese betrokkenheid in die streek.

Laurentino Cortizo is deur die Verkiesingskommissie as wenner aangewys nadat 95% van die stemme getel is, en sal na verwagting op 1 Julie ingehuldig word.