Openbare Beskermer onder verdenking

Busisiwe Mkhwebane

Die Suid-Afrikaanse Openbare beskermer wat deur Jacob Zuma aangestel is na die uittrede van Madonsela, se optrede is so verdag dat politieke kenners haar kundigheid in die amp bevraagteken.

Dit volg nadat die Hooggeregshof in Pretoria verklaar het dat die Openbare Beskermer se verslag oor die Vrede Suiwelplaas projek ongrondwetlik en ongeldig is.

Meningsvormers is van oordeel dat die Openbare Beskermer se verslag so opgestel is dat dit beskerming verleen aan die skuldiges, en die Zuma-bewind gehoorsaam wil wees instede daarvan om ’n professionele bevinding op papier vas te lê.

Meer as R200 miljoen van die belastingbetalers se geld was aangewend om die “swart bemagtiging projek” te finansier, wat uiteindelik net as nog ’n korrupsie projek geïdentifiseer is.

Van die geld is na bewering aan die omstrede Guptas oorbetaal, en die werkers op die suiwelplaas het nie ’n enkele sent ontvang nie.