Oostenryk in politieke krisis

Kanselier Sebastian Kurz

Kort nadat die Oostenrykse kanselier, Sebastian Kurz, sy koalisievennoot van die Vryheidsparty gevra het om te bedank weens ’n korrupsie skandaal, het rooi ligte begin flikker in die land se politieke toekoms.

Die koalisie vennoot, wie se leier ook die vise-kanselier is, het kort na sy bedanking, ook sy party onttrek uit die koalisie regering.

Maandag het die amptelike opposisieparty ’n mosie van wantroue in die regerende party se leier, en kanselier van Oostenryk, Sebastian Kurz ingestel, en het sy koalisie vennoot saamgestem met die linkse sosialiste en daarmee Oostenryk sonder ’n regering gelaat.

Die president van die land sal nou genoodsaak wees om ’n vervroegde Algemene Verkiesing te beveel wat na verwagting in September gehou sal word.