Onduidelikheid duur voort oor tolpaaie

Die Minister van Vervoer, Blade Nzimande, sê dit is nog onduidelik watter koers die ANC regime gaan inslaan met die kontroversiële e-tol paaie, wat veral in Transvaal opgerig is.

Nzimande reken die ongewilde e-tol stelsel wat deur die meerderheid motoriste in Sentraal Transvaal geïgnoreer word, was nie ’n sleutelpunt tydens die verkiesingsveldtog nie.

Die ANC minister sê hy weet nie, en het geen idee, oor wat die ANC kabinet gaan doen oor e-tol nie, maar hy dink die saak sal ondersoek word om ’n finale besluit te neem.

Politieke ontleders meen egter die minister wou geen direkte antwoord op stemdag gee nie, uit vrees dat die regime nog meer stemme kan verloor.