Oekraïne se president ingehuldig

Volodymyr Zelenskiy

Uit die hoofstad Kiev van die Oekraïne, word berig dat die voormalige grapjas, Volodymyr Zelenskiy, ingehuldig is as die land se nuut verkose president.

In sy toespraak na afloop van die plegtige eedaflegging, het president Zelenskiy in sy toespraak gseq net so hard as wat hy gewerk het om die mense van die Oekraïne te laat lag, net so hard gaan hy werk om te voorkom dat hulle huil.

Die president het aangedui dat ’n algemene verkiesing gehou word om ’n nuwe samestelling in die parlement te kry.

Politieke kenners in die land sê die president staan in ’n goeie kans om sy nuut gestigte politieke party te laat wen as in aanmerking genem word hoe vêr hy gewen het in die presidentsverkiesing.

Sy eerste stap as president was juis om die parlement te ontbind en ’n vervroegde verkiesing aan te kondig.