Oekraïne koalisie spat uitmekaar

Die regerende koalisie van die Oekraïne het verlede Vrydag uitmekaar gespat toe die Volksfront Party bedank het uit die huidig president se regering.

Die stap baan die weg vir die nuus verkose president, Volodymyr Zelenskiy, om ’n vervroegde algemene verkiesing uit te roep.

Die Volksfront se woordvoerder  sê in ’n verklaring hulle sien uit na die vorming van ’n nuwe koalisie na ’n blits verkiesing gehou is,

Maksym Burbak, die Volksfront Party se leier, het die aankondiging in die parlement gemaak wat die parlement nou een maand tyd gee om ’n nuwe koalisieregering saam te stel, of so nie moet die nuwe inkomende president ’n verkiesing aankondig.

Volodymyr Zelenskiy sal hierby baat as ’n verkiesing gehou word want hy word tans hoog aangeslaan deur die kiesers wat hom met ’n groot meerderheid verkies het tot president.

Waarnemers meen die moontlikheid bestaan selfs dat hy ’n volstrekte meerderheid kan behaal, wat dit veel makliker sal maak om te regeer.