Nuwe VSA ambassadeur na Saoedi

Generaal John Abizaid

Die Trump-administrasie het die naweek aangekondig dat ’n nuwe ambassadeur aangewys is om na Saoedi-Arabië te vertrek na etlike jare van geen ambassadeur in die land.

Die voormalige Generaal John Abizaid het reeds sy intrek geneem in Riyadh, die hoofstad van Saoedi-Arabië.

Die ambassadeurspos het vakant gebly sedert President Donald Trump die Wit Huis betrek het sowat twee jaar gelede.

President Trump het die pos vakant gehou weens die omstredenheid waarin Saoedi verkeer het met die moord op ’n landsburger wat besoek gebring het aan die konsulaat in Turkye, waar hy op wrede wyse om die lewe gebring is.

Die verhouding tussen die twee lande het ingewikkeld geraak weens die voorval, en die lewering van wapentuig aan Saoedi is vir maande teruggehou, maar dit lyk of die verhouding besig is om te herstel.