Nuwe regspan om Zuma te help

Jacob Zuma en Shaik

’n Nuwe regspan is deur Jacob Zuma aangestel om sy saak te dra in die desperate poging om vervolging weens beweerde korrupsie vry te spring.

Die man wat glo op die rand van die dood was en toe uit die tronk vrygelaat is, maar wat intussen ’n heerlike lewe geniet, Schabir Shaik, was Zuma se finansiële adviseur, word egter nie beskou as een wat vir die Zuma korrupsie vervolg gaan word nie.

Kenners meen egter dat Zuma se nuwe span regsverteenwoordigers gaan sukkel om hom onskuldig te bewys, en gaan ook nie daarin slaag om Zuma se wens te vervul dat die vervolging teen hom beëindig word nie.

Die korrupsie saak teen die voormalige ANC president is reeds ouer as ’n dekade, en het reeds in 2003 begin toe hy vise-president was onder die Mbeki bewind.

Zuma is deurgaans daarvan beskuldig dat hy destyds omkoop geld van Shaik ontvang het, en het tot gevolg gehad dat Shaik in die tronk beland het. Hy is op “parool” vrygelaat weens ernstige gesondheidsredes, en het glo net ’n kort tydjie om te lewe – maar nou na baie jare is die tydjie nog steeds baie kort.