Nuwe pogings om Jemen oorlog te beeindig

Jemen se Houthi groep het Saterdag sy magte uit drie gebiede in Jemen teruggetrek in ’n poging om hernude onderhandelings moontlik te maak vir die beeïndiging van die jarelange stryd in die land.

’n Woordvoerder van die Verenigde Nasies en ’n woordvoerder van die Houthi groep sê die optrede het ten doel om die weg te baan vir vredesamesprekings.

Die afgelope vier jaar van oorlog het die land se inwoners in ’n haglike toestand gelaat en dringende hulp deur die internasionale noodhulp[ organisasies het voorkom dat die land se inwoners uitgewis word weens ’n tekort aan lewensmiddele.

Verskeie pogings van die Verenigde Nasies om vred te bewerkstellig, het misluk, en waarnemers meen die kanse op sukses met die huidige poging lyk uiters skraal.