Nuusflitse

Jacob bankrot

Jacob Zuma se advokaat het verklaar dat die staat besig is om sy kliënt bankrot te maak met die korrupsie verhoor. Volgens Muzi Sikhakhane het Zuma nie meer geld om vir sy regskoste te betaal nie. Zuma skuld die staat na bewering R15 miljoen aan regskoste.

Dief gearresteer in polisie stasie

‘n Verdagte is gearresteer terwyl hy gepoog het om ‘n rekenaar te steel by die Storms  Rivier polisie stasie. Hy sal eersdaags in die hof in Humansdorp verskyn.

Vier werkers sterf in fabriek

Vier werkers  het omgekom in ‘n Kaapse fabriek waar plastiek herwin word.  Die vier het omgekom terwyl hul besig was om ‘n ondergrondse tenk skoon te maak.  Die vermoede bestaan dat toksiese gasse hul dood veroorsaak het.