Nuusflitse

SA se goud produksie daal

Produksie van goud het elke maand die afgelope 18 maande gedaal. SA was die wêreld se grootste produsent van goud maar stakings, arbeids geskille asook politieke onsekerheid is van die grootste faktore wat die omset laat daal het .  AngloGold Ashanti het intussen aangekondig dat hul beplan om hul goudmyne in SA te verkoop.

Polisie kaptein se vuurwapen bedrog

Kaptein Busisiwe Linda Dyani het in die Stellenbosch  landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog,  vervalsing en uitgifte.   Sy het na bewering ‘n vals vuurwapen lisensie by ‘n wapenhandelaar aangebied om ‘n Musgrave Jaggeweer, wat sy bestel het,  in besit te neem. Sy is op R2000 borg vrygelaat.