Nuusflitse

Terroris se kleinseun stem BLF

Mandela se agterkleinseun het vir BLF gestem aangesien hy “nie van blankes hou” nie. Hy het ook op die sosiale netwerk  gepoog om die leuse “one settler, one bullet” te plaas maar is glo verhoed om dit te doen. 

Prokureur en ander gearresteer

Twaalf verdagtes is naby Breyten in hegtenis geneem terwyl hul besig was om bykans 200 beeste te steel. Twee vragmotors met die gesteelde vee is gevind op ‘n plaas terwyl die verdagtes besig was om ‘n derde vrag te laai.  Die waarde van die vee word op R3,1 miljoen geskat. 

De Klerk “optimisme”

Die verloopte FW de Klerk se misplaaste uitlatings laat mens verstom staan.  Op verkiesingsdag 2019 maak hy die uitlating:  “ as die  ANC die verkiesing wen en Ramaphosa kom sy beloftes na  dan sal dit beter gaan in Suid Afrika”

De Klerk as ’n bedenklike politikus, wat kiesers belieg en bedrieg het,  behoort te weet dat geen politikus hom hou by sy verkiesingsbeloftes nie . gestem het.