Nuusflitse

OB vra Cyril se hulp teen Pravin

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het ‘n skrywe gerig aan Ramaphosa waarin sy vra dat hy tussenbeide moet tree in haar stryd teen Pravin Gordhan.  Sy beskuldig die minster daarvan dat hy inmeng in haar ondersoeke en sy gedrag help haar nie om haar onafhanklikheid en onpartydigheid te behou nie. 

Stemmery “skop” skeef af

Voordat spesiale stemme uitgebring kon word het die eerste probleem opgeduik in Tzaneen toe stembrief houers in die straat gevind is. Die OVK kon nie verduidelik hoe die houers daar beland het nie.  Intussen dreig werkers van die OVK met ‘n staking indien hul nie meer betaal gaan word nie. Regter Kriegler  het in die laat negentiger jare as voorsitter van die OVK verklaar dat werk by die OVK  is  “soos om in ‘n bordeel te werk.”