Nuusflitse

Bank oorname

Die Mededingingskommissie het die oorname van Merchantile Bank deur Capitec Bank goedgekeur sonder enige voorwaarde.  Dit beteken dat Capitec nou ook die besigheids bank mark betree.  Die oorname het Capitec R3,2 miljard gekos.

Eskom se vreemde diesel verskaffers

Ondersoek word gedoen ba inligting verkry is dat Eskom meer as R47 miljard spandeer het aan diesel om die ligte aan te hou.  Eskom weier om die name bekend te maak weens  “vertroulike”  klousules in die ooreenkomste, maar bewerings word gemaak dat ‘n tandarts, ‘n skoonheid deskundige en “iemand” vanuit ‘n kopieë en druk bedryf in Johannesburg van die verskaffers was.

Durban staking kos R3,5 miljoen

Die staking deur munisipale werkers in Durban en die gepaardgaande vernielsug van die werkers het eiendoms beskadiging van R3,5 miljoen te weeg gebring. 

Jesse Duarte in tender skandaal

Berigte die naweek toon dat ‘n maatskappy aan wie  tenders ter waarde van miljoene rand toegeken, gepaard gaan met ’n “bonusse”  aan Jessie Duarte, die ANC se adjunk-generaal se seun en familie lede.  Die bonusse het glo verseker dat tenders by staats entiteite verseker is ter waarde van miljoene rande.