Nuusflitse

Polisie bied R250,000 beloning

Die Polisie in die Verre Noord het ‘n beloning van R250,000 aangebied vir enige iemand vir inligting wat kan lei tot die arrestasie en skuldig bevinding van die moordenaars van ‘n huurmotor verenging se voorsitter.  

DA huldig sy vennote

Die Johannesburgse burgemeester, Herman Mashaba, het hulde gebring aan die DA se koalisie vennote,  onder andere die IFP, UDM en die Vryheidsfront Plus.  Daarna het hy die EFF bedank dat hul hom gesteun het om burgemeester te word tydens die afgelope termyn.  Volgens Mashaba het die DA baie nou saamgewerk met die EFF. 

Valke vang talle bedrieërs

Die Valke het twee senior amptenare van die Durbanse munisipaliteit in hegtenis geneem saam met sewe diensverskaffers rondom ‘n beweerde onwettige kontrak van R208 miljoen wat toegeken is vir vullis verwydering. Rober Abbu, adjunk-hoof Strategie en Nuwe ontwikkeling en Sandile Mgcobo die Verskaffers bestuurder het saam met die sewe verskaffers in die Durbanse Hof vir Gespesialiseerde Kommersiële Misdade verskyn.  Verskaffers is glo betaal vir dienste wat nooit gelewer is nie.

Minister skors nege amptenare

Nege amptenare in die Departement Klein Sake Ontwikkeling is geskors weens hul beweerde betrokkenheid in korrupte en bedrieglike aktiwiteite.  Volgens minister Lindiwe Zulu, het diegene die regering dmv ‘n netwerk besteel deur toelaes wat aan sake ondernemings gegee moes word vir hul eie gewin gebruik.

Aktiviste bou huise op Rolbalbaan

Aktiviste van die groep “Reclaim the City” het die Groenpunt Rolbalbaan betrek en begin om huise daar te bou. Dit glo oor ‘n belofte van adjunk-burgemeester Ian Nielson wat hy in 2018 aan hulle gemaak het.