Nuusflitse

Donateurs geld gesteel

Drie persone is in hegtenis geneem in verband met die wanaanwending van R50 miljoen. Die Hoof Uitvoerende Beampte van die vakbond Sactwu (klere en tekstiel) ene Colleen Khumalo, Kathegasin Tadayachee en dr Alfred Bere is aldrie uit op borg en staan aangekla van die wanaanwending van donateurs geld.  Die geld is geoormerk om die verspreiding van oordraagbare siektes te bekamp. 

Grond besetting lei tot Xenofobie

Die dienslewerings proteste in die Wes-Kaapse dorp en omliggende gebied van die Strand het uitgebrei na woonbuurte waar uitlanders nou geteiken word.  Somaliese en ander uitlandse wat winkeleienaars is, moes vlug nadat hul winkels aan die brand gesteek is.