Noord-Korea verkla VSA by VN

Noord-Korea het die VSA verkla by die Verenigde Nasies en die organisasie versoek om op te tree sodat sy vragskip “vrygelaat” kan word.

Die Amerikaans regering het toegeslaan op ’n vragskip van die kommunistiese Skiereiland wat vermoedelik onwettig handelsgoedere vervoer terwyl VN sanksies van toepassing is.

Noord-Korea versoek die VN om op te tree teen Amerika wat sy vragskip “onwettig” gevange hou en sê die optrede toon dat Amerika ’n egte rampokker regering het.

Die Noord-Koreaanse ambassadeur by die Verenigde Nasies het die aantygings gemaak in die Algemene Vergadering, en bygevoeg dat Amerika nie omgee of sy optrede in botsing is met internasionale wette nie.,

Spanning tussen die VSA en Noord-Korea het verhoog sedert die twee lande se leiers die laaste keer samesprekings gevoer het, en die VSA die gesprek beëindig het nadat die kommuniste ’n kernaanleg se bestaan verswyg het waarvan die VSA bewus is van die aanleg se bestaan.

In reaksie op die aantyging het die VSA gesê die vragskip is gelaai met steenkool, wat in stryd is met die sanksies wat deur die VN teen Noord-Korea ingestel is.