Noord-Korea oortree VN resolusie

Adviseur John Bolton

Die Nasionale Veiligheid Adviseur van Amerika, John Bolton sê die missiel toetse wat Noord Korea onlangs uitgevoer het, is ’n oortreding van die Verenigde Nasies (VN) se resolusie.

Die resolusie is deur die VN se Veiligheidsraad aanvaar wat bepaal dat Noord-Korea nie toegelaat word om enige missiele te lanseer nie.

Die Amerikaanse adviseur, John Bolton, het ’n beroep gedoen op die Skiereiland se leier, Kim Jong-un om sy toetse te staak en terug te keer na onderhandelings sodat sy kernwapen program afgetakel en beëindig kan word.

Die beskuldiging van John Bolton kom kort voor die Amerikaanse president

Se besoek van vier dae aan Japan waartydens gesprek gevoer sal word met Premier Abe oor handel en die Noord-Koreaanse situasie.

Bolton sê die VSA is steeds bereid om met Kim Jong-un te onderhandel, maar het geensins van plan verander nie en gaan met dieselfde benadering na ’n opvolg gesprek.

Meningsvormers reken die VSA is nou baie bewus van die onbetroubaarheid van Kim, en is nie meer so gretig om met hom te onderhandel nie.

In reaksie op die aanklag, het Noord-Korea gesê Bolton is seniel.