Noord-Korea hervat sy wapen program

Die Noord-Koreaanse president, Kim Jong-un en sy militariste het die afgelope naweek ’n kort-afstand projektiel afgevuur as deel van sy wapen ontwikkelingsprogram.

’n Woordvoerder van die Suid-Koreaanse Weermag sê die optrede van sy noordelike buurstaat is bedoel om groter druk toe te pas om President Donald Trump.

Die twee leiers sal waarskynlik later vanjaar ’n opvolg ontmoeting hê, maar kenners meen dit is ’n vrugtelose oefening weens die onbetroubare woord van die kommunistiese leier.

Waarnemers en politieke ontleders reken die moontlikheid is nie uitgesluit dat Kim Jong-un se besoek aan Rusland ’n taktiese skuif is om strategie aan te pas wat Amerika kan flous.

Spioene beweer dat hulle gesien het dat Noord-Korea ’n hele aantal kort-afstand projektiele afgevuur het, wa deel vorm van hulle wapen ontwikkelingsprojek.