Noord-Korea beskuldig VSA van diewery

Noord-Korea het met woede gereageer nadat die VSA een van sy vragskepe geblokkeer het wat vermoedelik met olie gevul is.

Die VSA het vasgestel dat ’n vragskip[ van Noord-Korea onderweg was na een van sy hawens toe die Amerikaners die skip voorgekeer het om nie na die hawe e gaan waar voorraad moontlik afgelaai sou word nie.

Die kommunistiese Noord-Korea, wat gebuk gaan onder swaar sanksies, het Amerika van diewery beskuldig en gesê dit is teen die gees van die onlangse gesprekke tussen die twee lande se leiers.

Noord-Korea beskou die optrede van Amerika as “onwettige diefstal” en geëis dat die VSA die skip onverwyld terug besorg.

’n Brief is ook gerig aan die Verenigde Nasies om hulle beswaar te opper oor die VSA se “onwettige beslaglegging” van hulle vragskip.