Noord-Korea besig met meer wapen toetse

Die kommunistiese regime van Noord-Korea is besig met kort afstand ballistiese missiele waarmee toetse uitgevoer word.

Die toetse is  reeds die tweede oefening sedert hulle verlede week met die toets van kort-afstand missiele begin het.

Die VSA het intussen berig dat hy een van die vragskepe geblokkeer het wat moontlik goedere na Noord-Korea wou neem te midde van VN sanksies.

President Donald Trump het gesê “niemand is gelukkig” met die toetse wat Noord-Korea doen met die lansering van kort afstand missiele nie.

Die optrede van Kim Jong-un word beskou as sy metode om druk op di VSA te sit vir die onderhandelinge wat na verwagting in Augustus sal plaasvind.