Nigerië stel honderde kinders vry

Uit Abuja word berig dat die alliansie groep van die Nigeriese regering se militêre magte bykans 900 minderjarige kinders wat gebruik is in die oorlog, nou vrygelaat is.

Die kinders wat reeds vir geruime tyd gebruik is in die stryd teen die Islamitiese Boko Haram terroriste, word nou ondersteun deur die Verenigde Nasies Kinderfonds.

Die vrylating bring die aantal kinders wat oor ’n tydperk gebruik is in die stryd teen terrorisme, op sowat 1,700 t staan.

Die land se dekade lange stryd teen Boko Haram het Nigeriese nie-regerings organisasies wat ook veg teen die terroriste, se totale aantal kinders van sowat 3,500 ook oor die tyd onttrek uit die stryd.

Bewerings word gemaak dat die kinders betrek word om te voorkom dat hulle by terroriste organisasies betrokke raak waar hulle militêre opleiding ontvang om uiteindelik ook terreurdade te verrig.

Die organisasies het intussen met die regering ooreengekom om nie langer van kinders gebruik te maak in die oorlog nie.