Nasionalistiese Vlaams Belang wen

Tom Van Grieken

Die nasionalistiese Vlaams Belang in België het die meeste steun van al die politieke party gekry in die pas afgelope verkiesing.

Die erg verdeelde politieke partye moes met skok die uitslag van die verkiesing aanhoor toe aangekondig is dat Vlaams Belang die grootste steun geniet het.

Tom van Grieken het op treffende wyse sy rede gelewer voor duisende ondersteuners wat hom toegejuig het met sy verskyning op die trappe waar hulle hom ingewag het.

“Eers word ons genegeer, dan uitgelag, dan bestry, en dan oorwin ons”, het hy begin onder luide toejuiging.

Met sy verskyning, het die skare met “Tom van Grieken, Tom van Grieken” die leier van Vlaams belang verwelkom.

Hy het gesê die ander partye is so arrogant en slegs begaan oor hoeveel verteenwoordigers hulle kry, maar Vlaams Belang sê dit gaan oor ons mense want hulle is die belangrikste.

“Ek roep ons mense op om geen leedvermaak te openbaar met ander se verlies nie, want ons gaan nie doen wat ander aan ons gedoen het nie”, het hy gesê onder luide toejuiging.