Nasionaliste trek saam in Italië

Marine Le Pen

“Hier is nie rassiste, radikale regses, of ekstremiste vandag bymekaar nie, maar wel helder denkendes mense wat die radikalisme van die Europese Parlement wil vervang in die komend verkiesing”,

Dit was die inleidende woorde van die Italiaanse adjunk-premier, Matteo Salvini, die gasheer vir nasionaliste wat regoor Europa byeengekom het die afgelope naweek.

Derduisende ondersteuners het die leiers toegejuig voor die welbekende sentrale sentrum van Milaan.

Die prominente leiers soos Marine Le Pen van Frankryk Nasionale Front en verteenwoordigende leiers uit elf Europese lande het op die verhoog verskyn terwyl hulle toegejuig is deur die skare.

Met die byeenkoms is die finale reëlings getref tussen die nasionalistiese leiers om die week se verkiesing in te gaan wat op 23 tot 26 Mei gehou word.

Nagenoeg 400 miljoen mense uit die lidlande van die Europese Unie kan aan die parlementêre verkiesing deelneem, en die moontlikheid bestaan dat die nasionaliste ’n aansienlike verskil gaan maak in die samestelling van die parlement.