Nasionaliste loop voor in Brittanje

Nigel Farage

’n Radikale swaai in die mening van Britse kiesers het bekend geword in die jongste meningspeiling wat aandui dat die Brexit Party die grootste steun in Brittanje geniet.

Wat verrassend is, is die swak steun wat die Konserwatiewe Party sowel as die Arbeiders Party geniet, en dat die Brexit Party van die nasionalis, Nigel Farage, meer steun het as di twee partye saam.

Die Brexit Party het ’n veel duideliker beleid oor uittrede uit die Europese Unie, en word nou gesien as die oplossing vir die Verenigde Koninkryk se onbeholpenheid om uittrede te bespoedig.

Die Verenigde Koninkryk het besluit om deel te neem aan die verkiesing van lede vir die Europese Parlement, en met die jongste verwikkeling kan dit ’n groot invloed uitoefen op die versterking van die nasionaliste se verteenwoordiging in die Europese Parlement.