Nasa neem eerste vrou maan toe

Nasa se sogenaamde Artemis program om ruimtevaarders na die maan te neem met agt vuurpyle wat lanseer sal word, sal in 2024 ook beteken dat die eerste vroulike ruimtevaarders op die maan kan land.

Die Nasa Artemis 1 Orion span agter die toetse by Kaap Canaveral in die Amerikaanse deelstaat Florida staan onder die beheer van Administrateur Jim Bridenstine wat aangekondig het dat ’n kapsule Artemis 3 ook die vroulike ruimtevaarder “terug op die maan” sal sit.

Die omvattende program sluit in dat 12 mans ook onder die ruimtevaarders sal wees wat op die maan gaan land in die eerste helfte van 2024.