Na dekades vind VSA en Taiwan mekaar

Seniors van die Nasionale Veiligheid in Amerika en van Taiwan het vir die eerste keer in 40 jaar mekaar ontmoet, wat die spanning tussen die VSA en Sjina verder verhoog.

Die Amerikaanse adviseur van president Trump, John Bolton, het samesprekings gevoer met die Hoof van Nasionale Veiligheid in Taiwan, maar die inhoud van die gesprek word as geklassifiseerd bestempel.

Dit is die eerste ontmoeting van die aard tussen die twee lande sedert die VSA se beeïndiging van sy diplomatieke bande met Taiwan in 1979.

Sjina beskou Taiwan as ’n “renegaat provinsie” van die kommunistiese land, en is selfs bereid om met geweld, die provinsie as deel van Sjina te herwin.

Die huidige ontmoeting tussen die VSA en Sjina het die kommunistiese Sjina se aggressie laat opvlam, en kan lei tot ’n gewelddadige oorname van die Taiwanse eiland.

Waarnemers reken die enigste rede waarom die Sjinese nog nie ’n oorname begin het nie, is die ernstige spanning met die VSA weens die handels oorlog en die Amerikaners se teenwoordigheid van oorlogskepe in die Sjinese Suid See en die Midde-Ooste.