’n Verswakte ANC regeer

Die ANC se nuwe president, Cyril Ramaphosa moet tevrede wees met sy swak vertoning en verswakte verteenwoordiging in die Nasionale Vergadering.

Met ’n stempersentasie van 60% is dit duidelik dat die kiesers van die land keelvol is vir die swak regeerders wat die kuns verstaan om te bedrieg, maar wat nou weerstand ondervind het.

Met ’n ondersteuningsbasis van net meer as 57%, het Ramaphosa niks waaroor ht trots kan voel nie, se die politieke ontleders.

Wat egter ’n nog groter klap na die ANC regime is, word weerspieël in die meer as 200,000 kiesers wat hulle stembrief bederf het.

Meningsvormers reken die ANC het sy laaste kans gehad om te regeer as ’n enkele party, en sal in die toekoms tevrede moet wees om ’n koalisie te vorm met een van die kleiner partye.