Musk plaas 60 satelliete in ruimte

Ruimtevaart tegnoloog, Elon Musk, se SpaceX het ’n vuurpyl lanseer met die eerste aantal satelliete van sy sogenaamde “Starlink” projek wat ontwerp is om internet dienste vanuit die ruimte te bied.

Die hele projek benodig egter nog sowat 12 meer lanserings alvorens die merkwaardige stelsel in werking sal kom.

Miljardêr Musk, wat ook die Tesla Motorfabriek besit, se SpaceX maatskappy wil 60 satelliete in die ruimte plaas om daarmee ’n internet sisteem vanuit die ruimte te bied en die moontlikheid bestaan dat die 60 satelliete die eerstes is van 12,000 wat hy die ruimte in stuur.

Die twee fase van satelliet “aflewering” in die ruimte is sowat ’n uur na die eerste, en meer as 440 kilometer weg.  

Sy aflewerings is ietwat hoër as die Internasionale Ruimte Stasie, maar ook laer as die grootste aantal ander satelliete.

Met die satelliete sal ’n nuwe hoëspoed internet moontlik gemaak word wat veel vinniger sal wes as enige bestaande stelsel. Dit is egter nie bekend of die stelsel ook in Suid-Afrika benut sal kan word nie.

Die Suid-Afrikaans gebore ondernemer van vele tegnologies gevorderde projekte, beplan soveel nuwe ontwikkelings wat die mens se lewe op aarde kan verander, dat hy wêreldwyd gerespekteer word vir sy ongelooflike vermoë op talle terreine.