Multichoice se sieklike beskouing

Dit is geen wonder dat die een na die ander leser van Die Vryburger sy kontrak met DStv kanselleer nie, want die benadering wat die instelling volg om mense te oordeel, laat veel te wense oor.

Toe Steve Hofmeyr se toelating by ’n feestelike geleentheid geweier is, “omdat sy siening nie ooreenstem met die van Multichoice nie” het die Afrikaner besluit om sy vier dekodeerders se kontrakte te kanselleer.

Kort daarna het die een na die ander ondersteuner van Syeve sy voorbeeld gevolg, en Die vryburger is oorval van inligting van mense wat nie langer met DStv geassosieer wil wees nie, waarskynlik omdat die spul ook nie die Afrikaner se sienswyse respekteer nie.

Een leser het aan Die vryburger gesê hy kanselleer ook sy kontrak met DStv vanweë hulle “sieklike beskouings”.

’n Tweede persoon het gesê hy is vir altyd van die klomp geldwolwe ontslae danksy die optrede van Steve.