Mugabe se landbou toerusting opgeveil

Robert Mugabe

Dit is met die toedoen van Zimbabwe se vorige president, Robert Mugabe, dat honderde blanke boere van hulle grond beroof is en sonder enige vergoeding, die land verlaat het.

Uit Harare word berig dat dit nou Mugabe se beurt is, en dat talle plase wat hy ingepalm het op onregmatige wyse, van hom weggeneem is en aan ander swart boere oorgedra word.

Nou word tientalle trekkers en ’n groot klomp plaas werktuie soos stropers, en ploeë saam met ander masjienerie opgeveil.

Sowat 40 voertuie van sy suiwelplase wat na aan Harare geleë is, is ook opgeveil dur Ruby Afslaers.

Vier stropers, Massey Ferguson trekkers, motorfietse, stootskrapers sal ook onder die hamer kom.

Die 95-jarige Mugabe was glo weer in April na Singapoer vir mediese behandeling, en sy belange in die landbou het tot stilstand gekom.