Moord op blankes vermeerder

Jessica en Johanco

Twee jongmense, Jessica Kuhn (23) en Johanco Fleischman (19) albei inwoners in Petit aan die Oos-Rand is Sondag vermoor deur terroriste wat die twee doodgeskiet het.

Die twee was onderweg in hulle voertuig, toe dit gaan staan het as gevolg van ’n brandstof tekort, en hulle was blykbaar besig om planne te beraam hoe hulle brandstof kan bekom.

Die voertuig het op die Putfontein brug tot stilstand gekom, en later is die twee jongmense se lewelose liggame op die toneel gevind.

Dit is die hoeveelste moord die afgelope maand, maar moorde en moordpogings op blankes het die week na die verkiesing skerp toegeneem, en politieke ontleders reken die tendens gaan toeneem.

Dit verklaar ook waarom daar skielik ’n drastiese toename is van blankes wat die land permanent verlaat.