Moody waarsku Ramaphosa

Slegs ’n enkele week na afloop van die verkiesing in Suid-Afrika, met ’n bedenklike oorwinning vir die ANC, word kredietgradering beoordeel deur Moody Beleggings Diens wat sê wat hy van die Ramaphosa-bewind verwag.

Moody sê die nuut verkose regering van die ANC sal vorentoe moet beweeg met ’n beleid wat die krediet uitdagings met mening sal aanpak.

Die Agentskap waarsku dat die regering voluit moet gaan om die uiters swak ekonomiese groei te verbeter, en geleidelik die skuldlas wat veels te hoog is verminder, en dat die staatsbeheerde sektore soos Eskom en Transnet, Denel en andere, se patetiese vertonings deurlopend verbeter sal moet word.

Moody wys ook op die gevaar van steeds stygende skuldlas wat nie verder toegelaat behoort t word nie, maar kenners reken die Ramaphosa-regime sal al hierdie probleme nie sonder kundiges se hulp kan aanpak nie, en voorspel dat geen veranderings in die eerste jaar ondervind sal word nie.