Misdaad floreer in SA

Twee voormalige beamptes van die Fidelity sekuriteitsmaatskappy word aangekla van diefstal waarby sowat R1,9 miljoen betrokke is.

Die twee diewe het Maandag in die hof verskyn in Noord-Transvaal vir hulle aandeel in die diefstal van geld wat ingesamel moes word van instansies.

Die twee het as beamptes geld afgehaal by maatskappye wat ’n kontrak het met Fidelity, maar instede dat die geld inbetaal word, het hulle dit vir hulleself gehou.

Hulle bestuurder, wat oor hulle aangestel is, het later onraad gemerk en die diefstal aangemeld waarna die twee skurke gearresteer is.

Die Valke-eenheid van die polisie het toegeslaan op die twee en na deeglike ondersoek gedoen is, kon die diewe in polisie aanhouding geplaas word tot na die verhoor .

Die landdros het die twee tronk toe gestuur, elkeen vir nege jaar omdat hull van ’n vertrouensposisie misbruik gemaak het om hulleself te verryk.