Minister verswyg reuse inkomste

Dipuo Letsatsi-Duba

Die ANC minister, Dipuo Letsatsi-Duba, word daarvan beskuldig dat sy miljoene rand ontvang het terwyl sy ’n :dubbele lewe” vervul het wat nie aan die parlement verklaar is nie.

Die Minister van Staatsveiligheid word beskuldig dat sy betaal is as spioen vir ’n tydperk van meer as tien jaar, maar dat die inkomste nooit verklaar is nie.

Onbevestigde berigte lui dat dit miljoene rand beloop wat sy op die wyse ontvang het, maar dit is nog onduidelik wat die spioenasie behels het wat oor ’n tydperk van meer as ’n dekade gedoen is.

Sy het oor jare verskeie poste beklee, en of daardie inkomste verklaar is, sal waarskynlik ook ondersoek word, is gesê.

Dit is bekend dat die minister miljoene rand aan luukse motors spandeer het, en op vrae aan haar gestel in die verband het sy geweier om daarop te reageer.