Minister se raadgewer geskors

Dipuo Letstatsi Duba

Die Minister van Veiligheid, Dipuo Letstatsi Duba, se spesiale adviseur is afgedank. Bob Mahlangu is die tweede adviseur wat die deur gewys is aangesien Gibson Njenje ‘n paar weke gelede geskors is.

‘n Forensiese verslag het getoon dat daar finansiële wanbestuur en selfs kriminaliteit by die agentskap plaasgevind het. 

Beide die twee “agente” is in 2005 geskors maar onder Jacob Zuma se bewind heraangestel.

Meningsvormers het hulle kommer uitgespreek oor die metodes wat toegepas word in die aanstelling van mense in belangrik poste, en sê dit behoort gepaard te gaan met ’n deeglike ondersoek na die aansoekers se geskiedenis.