Miljarde dollar se goud uit Afrika weg

Miljarde dollar se goud word uit verskillende Afrika lande gesmokkel wat onwettig gemyn word en na die Midde-Ooste gestuur.

Die smokkelhandel wat via die Verenigde Arabiese Emirate in die Midde-Ooste gedoen word, vorm glo die deurgang na Europese lande asook na die VSA.

Gedurende 2016 het en Emirate sowat $16 miljard in waarde aan goud uit Afrika ingevoer, wat meer is as enige ander land.

Di totale invoer uit Afrika na die Emirate beloop 446 ton terwyl dit in 2006 reeds sowat 67 ton goud was wat uit Afrika gestuur is.

Berigte dui daarop dat baie van die goud nie geregistreer is nie en selfs “belastingvry” die lande van Afrika verlaat het.

Gerugte dat die onwettige delwerye in Suid-Afrika ook die goud na die Emirate laat deur smokkel, mar hoeveel so uit die land gaan, is nog steeds nie bekend nie.