Mbeki twyfel oor swart landbouers

Die voormalige ANC president, Thabo Mbeki, het glo sy bedenkinge of swartmense werklik landbou wil bedryf as ʼn beroep.

Mbeki sê dat die ANC tydens sy bewindsjare nooit erns gemaak het met grondhervorming nie omdat die ondersteuners nie daarop ingestel is om landbouers te word nie en die uitdagings daaraan verbonde nie ernstig oorweeg is nie.

Politieke ontleders sê die ANC se Mandela het geen woord gerep oor grondgryp aksies nie, wat daarop dui dat dit nooit ANC se prioriteit was nie.

Landbou kenners sê die politici moet na die res van Afrika kyk waar landbouers nie net baie min in getal is nie, maar ook ’n sukkelbestaan voer, en kan dieselfde in Suid-Afrika te wagte wees.