Man vaar alleen oor Atlantiese Oseaan

’n Fransman, reeds met 72 somers agter hom, het dobberend se weg gebaan oor die Atlantiese Oseaan in ’n helder geel “kapsule” waarin hy alleen gereis het.

Met die sukses agter hom, wil hy nou die Stille oseaan aandurf, weereens man alleen, alhoewel hy onseker is oor hoe lank dit hom sal neem om die oseaan oor te steek tot by sy bestemming.

Jean-Jacques Savin het egter die Atlantiese Oseaan oorgevaar en vanaf die Kanariese Eilande op 26 Desember vertrek en verlede week die Karibiese Eiland van Martinique bereik.

Hy was meer as 120 dae ter see om die bykans 6,000 kilometer af te lê en was deurgaans aangewys op die seestrome van die oseaan.