Man skuldig wat Zuma wou vermoor

Elvis Ramosebudi

Elvis Ramosebudi is skuldig bevind dat hy beplan het om Jacob Zuma en ander ANC hooggeplaastes wou vermoor.

Hy het glo ’n lang lys name gehad van mense wat vermoor moes word, en hy het briewe uitgestuur met die bedoeling om moordenaars te vind.

Hy is egter in die Johannesburgse Landdroshof skuldig bevind nadat die staat daarin geslaag het om uit te wys dat hy oor ’n lys name beskik wat almal vermoor moes word.

Ramosebudi is sedert 2017 in aanhouding en in die uitspraak van die landdros word aangedui dat hy en sy kamerade ernstig is met die vermoording van Zuma, Ace Magashule en ander ANC leiers.

Hy het ook so vêr gegaan as om briewe te stuur aan groot instansies waarin hy vra vir finansiële bystand om die mense te vermoor.