Malema groep moet betaal

Trevor Manual

Nadat die Malema groep neerhalende en valse aantygings in die openbaar gemaak het teen Trevor Manual, is die saak uiteindelik in die hooggeregshof gefinaliseer.

Die voormalige Minister van Finansies het die Malema groep se aantygings ernstig opgeneem en sy regsverteenwoordigers het die saak in die hof besleg.

Die hof ht beslis dat die rooi hemde binne 24 uur hulle valse verklarings oor manual moet verwyder van hulle media platforms.

Die rooies moet ook op ’n behoorlike wyse hulle verskoning aanbied vir die onwaarhede en vals aantygings teen die voormalige minister.

Daarbenewens moet die groep ’n bedrag van R500,000 aan Manual betaal, sowel as die al die regskoste in die hofsaak.