Macron se top kandidaat maak blapse

Nathalie Loiseau

’n Reeks blapse deur die top kandidaat van die Franse president, Emmanuel Macron, het die sosialiste in Frankryk met ’n reuse agterstand laat wegspring vir die stryd om die Europese Parlement.

Met net drie weke oor voor die Europese Parlement se verkiesing, sal Macron en sy span dit moeilik vind om die foute wat die hoof kandidaat op di sosiale media gemaak het, uit te wis.

Nathalie Loiseau, hoof op die lys van die Renaissanc vir die verkiesing, is voorheen beskryf as “Macron se geheime wapen”, in Brexit gesprekke.

Die president het gehoop dat sy geheime wapen se kennis oor EU sake, hom ’n goeie hupstoot sou gee vir die verkiesing.

Haar onkunde oor verkiesings het egter die teenoorgestelde uitwerking nadat sy met ’n reeks verkeerde uitlatings op die sosiale netwerk die hele Frankryk in rep en roer het.

Haar grootste sonde is blykbaar nou na vore gebring oor hoe sy as student, die vêr-regse studente gesteun het en deurlopend ondersteun het in onderwerpe wat nou weer na vore kom.

Verduidelikings oor hoe dit is dat sy nou as sosialis die Macron regering steun, is so verkeerd aangepak dat sy die president meer skade doen met haar verduidelikings.