Limpopo kabinet se aanstellings

Die aanwysing van Limpopo se kabinet het vanuit verskeie oorde vrae laat ontstaan.  Van die nuwe lede is tans nog onder verdenking rondom die bankrot verklaarde VBS Mutual Bank sage.

Dickson Masemola was die ANC se adjunk- voorsitter en LUK van Onderwys  waar meer as R2 miljard vermors is. 

Die vorige burgemeester van Mopani het poste beloof aan persone wat vir haar sou stem – sy word die LUK vir Sosiale Ontwikkeling.

’n Politieke ontleder sê daar is nog baie aanstellings op die provinsiale vlak wat die grootskaalse korrupsie sal laat voortduur.