Libiese hoofstad omskep in bloedbad

Tripoli, die hoofstad van Libië, het in ’n bloedbad verander nadat hewige gevegte tussen regeringsoldate en rebelle vegters onafgebroke in gevegte betrokke gebly het.

In die afgelope weke is na raming 187 mense dood, en sowat 1,200 gewond, sê die land se Minister van Gesondheid.

Die ongevalle aan gewondes is so hoog dat ’n groot aantal na hospitale in Tunisië, Turkye en Italiaanse hospitale oorgeplaas moes word.

Dit is reeds die vyfde week van ernstige botsings tussen die twee vegtende groepe in ’n poging om beheer te kry oor Tripoli.

Die burgeroorlog word as ewe ernstig beskou deur die Verenigde Nasies as wat die geval in 2014 was toe meer as 700 vegtendes omgekom het.