Le Pen steun Belgiese Vlaams Belang

Marine Le Pen en Tom Van Grieken

“Ek lanseer vandag ’n duidlike oproep aan die Franssprekendes van Belgie om in die verkiesing van die Europese Parlement, hulle steun aan die nasionalistiese Vlaams Belang te gee”.

Dit is die boodskap wat Marine Le Pen tydens haar besoek by Vlaams Belang se leier, Tom Van Grieken, oorgedra het.

Le Pen, die leier van Rassemblement National, wat voorheen bekend was as Front Nasionaal, is ook besig om nasionaliste te mobiliseer in ’n blok wat in die Europese Parlement gesamentlik sal optree ten einde hervormings aan te bring in die Duits-Frans beheerde liggaam.

Vlaams Belang en Marine Le Pen se party wil saam met verskeie ander lande se nasionaliste, ’n “super blok” vorm teen die oorheersing wat voorheen deur Duitsland, en Frankryk, gevoer is.