Kyk waar gaan jou geld heen

Die vorige speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, wat allerweë beskou is as ’n ietwat onbekwame persoon vir die pos wat sy beklee het, se salaris beloop R2,825,470 per jaar, wat ’n maandelikse bedrag van meer as R235,000 beloop.

Dan is daar nog die adjunk speaker wat ’n R1,977,795 per jaar huis toe dra wat maandeliks op sowat R165,000 per maand beloop.

Die Vergadering se voorsitter, Sylvia Lucas, ontvang R1,882,488 per jaar, en dan kry die senior parlementslede R1,600,467 per jaar (R133,000 p md) en die jonger parlementslede R121,251 per maand.

Dit beteken dat meer as R50 miljoen per maand aan die 400 parlementslede betaal word.

Indien die TV kameras die waarheid bied dan is daar ’n aansienlike klomp parlementslede wat ’n redelike som geld ontvang terwyl hulle heerlik slaap in die sagte stoel, of net tuis bly en niks doen op ’n werksdag, word gesê.