Krieket SA hof toe geneem

Net voor die Wêreld Beker Krieket toernooi se aanvang  het daar ‘n bom gebars by Krieket Suid Afrika(CSA).  Die spelers vereniging(SACA) het bevestig dat hulle die moederliggaam hof toe neem  rondom ‘n eensydige besluit van CSA om  plaaslike krieket te herstruktureer. 

Die  huidige  konsessie stelsel bestaan uit ses spanne  maar CSA wil terugkeer na ‘n stelsel wat uit 12 provinsiale spanne sal bestaan.  Sou die stelsel geïmplementeer word sal bykans 70 spelers hul posisies verloor en sonder inkomste wees.  CSA hou die geprojekteerde verlies van R650 miljoen oor die volgende vier jaar voor as een van die redes vir die herstrukturering. 

Die spelers vereniging het reeds by herhaalde geleenthede gevra om toegang te verkry tot die liggaam se finansiële posisie maar dit is geweier.  Is daar soos by ander sport liggame weer duistere magte aan die werk met die finansies en spandering van gelde, word nou wyd gevra.

Die vraag sal volgens Tony Irish tot drie maande neem om beantwoord te word aangesien die regsproses nie gou afgehandel sal word nie.