Kragtige sikloon Fani tref Indië

Die kragtige sikloon Fani het die naweek die kusgebied van Indië bereik met ’n windsterkte van meer as 200 kilometer per uur.

Die sikloon wat met gepaardgaande reënstorms woed, het reeds skade aangerig, en die owerheid se geslaagde verskuiwing van mense het bygedra daartoe dat minder mense die storms sou moes trotseer.

Met busse, treine, helikopters en bote, is meer as een miljoen mense na veiligheid verskuif binne ’n tydperk van twee da voordat die sikloon die jus bereik het.

Bome en geboue het reeds swaar deurgeloop en hewige reën wat steeds neer giet veroorsaak oorstromings van groot dele wat ontoeganklik geword het.

Die Eerste Minister het reddingspanne geloof, en gevra dat hulle steeds paraat sal bly vir enige verdere verwikkelinge wat mag volg.